Terug na bo

Opvoedkundige Studie

Die Departement Opvoedkundige Studie is verantwoordelik vir ‘n verskeidenheid voorgraadse sowel as nagraadse modules. Die BEdHons in Leerondersteuning word ook vanuit hierdie departement aangebied en het ten doel om studente se teoretiese kennis in die leerondersteuningsveld te konsolideer en te verdiep ten einde leerders in laerskole (Grondslagfase en Intermediêre Fase) met diverse leerhindernisse doeltreffend te assesseer, ondersteun en bemagtig. Die BEdHons-program sal studente in staat stel om diverse en unieke leervermoëns en -uitdagings te identifiseer en dit binne die gees van inklusiewe onderwys te akkommodeer.

Die Departement Opvoedkundige Studie se modules is primêr op die vorming van die student as opvoedkundige vanuit ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing  gerig. Studente word in staat gestel om gedurende en ná afloop van hul studie leerders as instrument in die hand van die Here op ʼn professionele en etiese wyse te begelei.  

Die volgende modules word vanuit die Departement Opvoedkundige Studie aangebied:

1  Voorgraadse generiese kern- en fundamentele modules wat vir Dipl., GF, IF, SF en VOO aangebied word: Akademiese Geletterdheid, Afrikaanse en Engelse Lees, Assessering, Didaktiek, Kurrikulumstudie, Leerondersteuning, Navorsing, Onderwys in Suid-Afrika, Opvoedkundige Sielkunde, Onderwysreg, Klaskamerbestuur, Sepedi-kommunikasievlak en Sosiopedagogiek.

2   Nagraadse Onderwyssertifikaat- (NGOS) & Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleidingsmodules: Assessering, Professionele Studie en Kurrikulumstudie, Leerondersteuning, Professionele Etiek, Onderwysreg, Onderwysbestuur en Onderwysstelsels, asook Opvoedkundige Sielkunde.

3   BEdHons in Leerondersteuningsmodules: Inleiding tot Begeleiding en Berading, Leerondersteuning, Identifisering van Diagnostiese Assessering van Intrinsieke Leerhindernisse, Inklusiewe Onderwys, Opvoedkundige Navorsing, Onderrig en Leer in Teorie en die Praktyk, asook Leergereedheid.

4   Hoër Sertifikaatmodules: Inleiding tot Afrikatale, Onderrig en Leer, asook Teoretiese Raamwerk vir OPVS


Foto kom hier

Mev Hanlie Kleinhans

Administratiewe Beampte (Hons) en Akademiese Assistent (Opvoedkundige Studies)

hanlie.kleinhans@aros.ac.za







Foto kom hier

Mev Magdel van Wyk

Algemene Departementele Beampte en Akademiese Assistent

magdel.vanwyk@aros.ac.za